Droogte: ANC bied druppel in emmer

Die belofte van R30 miljoen om boere in die erge droogte van die Noord-Kaap by te staan, is kwalik ’n druppel in die emmer, en die besoek wat die ANC se adjunk-president beoog, sal afgewag moet word om te sien wat verder gaan gebeur.

David Mabuza het aangedui dat hy moontlik die drooggeteisterde Noord-Kaap gaan besoek om self te bepaal wat die omvang van die droogte is en die toestande waarin die boere hulle bevind.

Die Departement staan skuldig omdat hy reeds geruime tyd onder spandeer in die landbou sektor, en Mabuza is ’n verduideliking aan die boer verskuldig, het een van die boere gesê.

Hy het intussen droogtehulp in die vorm van veevoer aan die gebied se boere belowe, maar die landbouers bly skepties oor die belofte.