Dosyne lyke in vragmotor gevind

Minstens 39 liggame is in ’n vragmotor se toegesluite bakwerk gevind in die Verenigde Koninkryk wat klaarblyklik uit Boelgarye na die stad Grays in Engeland vervoer is.

Die vragmotorbestuurder wat glo van Ierse oorsprong is, is ’n 25-jarige man wat waarskynlik deel van ’n mensehandel sindikaat is.

Alhoewel die man deur die polisie in hegtenis geneem is, is geen feitelike inligting al vrygestel nie, behalwe dat die polisie sê hulle is reeds vir jare bewus van die onwettige handel, maar kon nog nooit daarin slaag om die skuldiges vas te trek nie.

Grays is sowat 40 kilometer ten ooste van Londen geleë, en polisie het dit vreemd gevind dat ’n vragmotor met ’n toegeboude bakwerk na die deel beweeg terwyl dit ’n registrasienommer het van Bulgarye.

Die normale rote sou wees om na Holyhead te ry, maar het na Grays beweeg om waarskynlik sy vrag op ’n geheime plek af te laai.