Dit is Russiese volksdiens

Die 61-jarige onderwyseres, Uminur Kuchukova, van ’n sterwende dorpie in Rusland het volhard in die lewering va diens aan haar volk.

Sy kon reeds jare gelede afgetree het, maar die sterwende dorpie sou baie moeilik, of dalk glad nie, ’n ander leerkrag kon kry om die oorblywende een leerling, ’n 9 jarige seun, verder te onderrig nie.

Sy het hom elke dag volgens die regulasies, in die skool onderrig, en waar hy vanjaar sy laaste skooljaar het om dan na ’n “hoërskool” te gaan, sal hy waarskynlik ook oud genoeg wees om in die naburige dorp verder te studeer.

Aan die einde van die jaar sal die skooltjie se deure vir goed gesluit word.

Die dorpie Sibilyakovo, in die Omsk streek van Rusland is afhanklik van die ouer wordende boerdery bevolking wat op ’n gemeenskaplike landbou grondgebied ’n sukkelbestaan voer, waarvan die getal mense aan die afneem is omdat die jongmense die dorp verlaat na skoolopleiding om elders werk te soek.

Uminur Kuchukova en haar man sal na haar aftrede aan die einde van hierdie skooljaar, in hulle nederige huise gaan woon wat hulle met jarelange spaarsamigheid kon koop.