Die Film Projek 10,000

Lesers het nou reeds kennis geneem waar die DVD film sy oorsprong het, en dit verklaar ook waarom Die Vryburger tot die verspreiding van inligting betrokke is, want dit is nie net ’n aktuele film wat elke volksgenoot aan die hart gryp nie, maar ook ’n projek wat ons volkstrots kan opwek want ons is ’n volk wat nie toevallig aan die Suidpunt van Afrika geplant is nie.

Natuurlik is die koopsom maar ’n stywe bedrag, byna gelykstaande aan ’n teater kaartjie. Die verskil is egter dat u hele gesin daarna kan kyk, en as die behoefte ontstaan, kan dit weer en weer gesien word.

Die donasie wat Die Vryburger sal ontvang, sal eerstens help om die koerant se lopende koste te dra wat nou reeds vir sewe jaar uit die leë beursies van die medewerkers betaal word omdat ons volk mank gaan aan kennis en die geldwolwe astronomiese bedrae opeis as ’n koerant gekoop word.

’n Deel van die donasie sal ook in die rekening van Die Vryburger Kinderfonds se rekening kom, want daardie selfopgelegde taak mag nie vergete wees nie.

Die bestuur en eienaars, saam met die redaksie en medewerkers pleit by ons volksgenote om hierdie edele saak te ondersteun ter wille van die verbete stryd wat gevoer word om ons volk tot vryheid t lei – en al sou ons nie daardie vryheid beleef nie, dan moet ons die spitwerk doen vir die geslagte wat kom.

Ondersteun asseblief Projek 10,000 omdat ons vir ons eie mense wil en sal sorg.