Denel hoopvol vir toekoms

G6 155mm tenk

Die wapenvervaardiger Denel se woordvoerder het aangedui dat die staatsbeheerde instansie bestellings bekom het ter waarde van miljoene Rand.

Die bestellings is groot genoeg om vier jaar se normale bestellings te oortref, en kan moontlik die keerpunt wees op pad na herstel.

Denel het ’n verlies van net minder as R2 miljard in 2018 getoon en ’n val in omset van sowat 35%, wat die instelling genoop het om weer aan te klop by die SA Tesourie om finansiële hulp.

Met sy betrokkenheid in die Gupta era, het Denel byna in die hande van ’n buitelandse maatskappy beland, maar die aanstelling van ’n nuwe hoof vir Denel, by name van Daniel du Toit, het die eerste tekens van moontlike herstel opgevlam. Du Toit is allerweë beskou as die mees geskikte persoon om Denel uit sy gemors van wanbestuur te lei, en dit lyk asof hy reeds positiewe resultate gaan lewer.