DA val uitmekaar

Die linkse DA wat pas sy leier se bedanking ontvang het , word waarskynlik nog verder geteister deur Maimane wat nie gehuiwer het om as “gewone lid” die party te beskuldig nie.

Maimane het gesê die DA is :nie ’n party vir almal” nie, en daarmee die deur oopgemaak om ook as partylid sy ander ampte in die parlement te verbeur.

Maimane het die party vir vier jaar gelei, en sy verklaring dat die party “nie die voertuig is wat die beste is om sy visie te bou vir SA nie” laat die indruk dat hy op ’n beter tydstip die DA sal verlaat en ’n eie party gaan oprig.

Ingeligte bronne beweer dat sy opmerkings nie goed ontvang is in die DA koukus nie, en het selfs negatiewe gevolge in die sosiale netwerk gehad.

Maimane is wyd gekritiseer dat hy gefaal het in die algemene verkiesing, en word beskuldig daarvan dat hy nie ’n nuwe visie vir die DA kon skep nie.

In ’n latere verklaring het die DA gesê Maimane kan nie langer die party lei in die parlement nie, en onbevestigde berigte dui daarop dat dit kom as weerwraak van Helen Zille wat hom nou behandel soos wat hy met haar gedoen het.

Kort na die verklaring uitgereik is, het Maimane sy amptelike bedanking as parlementslid aangekondig, maar enkele minute later ook gesê hy bedank as lid van die party en daarmee word die DA geheel en al van leierskap beroof.

John Steenhuisen het kort daarna sy bedanking as hoofsweep van die DA aangekondig om daarmee die krisis verder te vererger en te verseker dat die DA se afdraande pad nog langer en skerper word.