DA krisis word al groter

Athol Trollip

Die politieke krisis in die DA word al groter, en die bedanking van verskeie senior lede uit hulle ampte het die party nou in ’n leierskap krisis gedompel

Trollip van Port Elisabeth het ook sy bedanking aangekondig, en met Maimane se uittrede daarby, bestaan die vraag wie nou die leierskap moet neem tot ’n nuwe leie aangewys is.

Die krisis het ontstaan toe Maimane daarvan beskuldig is dat hy by ’n korrupsie skandaal betrokke is, en toe Helen Zille, wat uitgedruk was uit die hiërargie deur Maimane, verkies word tot Federale voorsitter, was die skrif aan die muur.

Ingeligte bronne reken Maimane gaan sy eie politieke party tot stand bring, wat die DA sodanig sal verswak dat hy ook die beheer in die Wes-Kaap kan verloor tot voordeel van die ANC.