DA in chaos na Mashaba bedanking

Maimane en Zille

Kort nadat die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, uit die vêr linkse DA bedank het, het die eerste tekens van ’n swart uittog uit die party begin.

Dit is nie net die ou Progs wat DA stem wat geskok is deur die burgemeester se bedanking nie, maar ook die “goed gelowiges” wat die party gesteun het met die verwagting dat ’n DA regering vrede en voorspoed sou bring.

Maar die burgemeester het vooraf gesê hy gaan bedank as die “wit vrou” tot voorsitter verkies word.

Selfs die politieke leier, Maimane, verkeer glo in vertwyfeling oor sy toekoms aangesien die gerugte rond vlieg dat Zille hom ’n “harde tyd” gaan gee nadat hy die hoofrede is waarom sy eenkant moes staan.

Helen Zille se opmerking dat nie alles uit die koloniale tydperk sleg is het Maimane die apartheid stok laat gryp om haar te kasty.

Alhoewel Zille met haar verkiesing gesê het sy sal in haar baan bly, is dit duidelik dat haar terugkeer ondermeer die oogmerk bevat om af te reken met Maimane.

Met die chaos oor wie nou die munisipale beheer gaan uitoefen in Johannesburg het die DA leiers op ’n hoop gejaag en is daar vrees dat die ANC en die paar IVP lede die beheer kan oorneem.

Intussen is berig ontvang dat Maimane besluit het om as leier van die party te bedank, en waarnemers reken hy het bewus geword van die stryd wat hy sal moet voer teen Helen Zille.