Chaos by VN kantore

Chaos het uitgebreek toe polisie en “uitlanders” slaags geraak het by die Verenigde Nasies se Kommissaris vir Vlugtelinge se kantore in Kaapstad. 

Uitlanders het die ingang na die arkade blokkeer met dreunsang van “ons wil huis toe gaan”.  Die Polisie het ʼn water kanon en skokgranate gebruik om die skare uit mekaar te jaag.

ʼn Hofbevel het die meer as 5,000 uitlanders verbied om die gebou te beset. Net meer as 100 arrestasies is gemaak. Daar is tans meer as  260,000 vlugtelinge en asielsoekers vanuit Somalië, die Kongo en Ethiopië in die land.