Cele van korrupsie beskuldig

Die man met die groot hoed, wat taamlik trek op die Amerikaanse cowboy gedaantes, het nou sy pistole uitgeruk en soek die skuldige leuenaars.

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het die beskuldigings verwerp dat hy gebaat het by die uitdeel van geskenke in die tyd van Staatskaping.

’n Sogenaamde “geheime getuie” het gesê die hoof van die polisiediens word gekoppel aan die geskenk van ’n luukse voertuig, maar Cele sê die getuie moet wys waar die voertuig is.

Bewerings dat Cele betrokke was by die “crime intelligence” maar ook hieroor is daar nie duidelikheid nie, alhoewel beweer is dat hy per geleentheid R40,000 ontvang het, maar die gegewens is vaag en ook op ’n onoortuigde wyse aan die kommissie oorgedra.