Britte vlieg duisende mense gratis

Die Britse owerheid het Donderdag nog sowat 5,000 mense wat gestrand was met die bankrotskap van Thomas Cook reisagentskap, teruggeneem na Brittanje vanwaar hulle met vakansie en sakebesoeke was.

’n Totaal van 19,000 mense moet nog gerepatrieer word, en gister se 5,000 mense is met 25 vlugte teruggebring na Brittanje.

Die afgelope tien dae is duisende Britte regoor die wêreld gehelp om weer terug t keer na Brittanje nadat die reisagentskap verklaar het dat hy sy deure moes sluit.

’n Woordvoerder van Thomas Cook het gesê die pogings om ’n verdere lening te bekom, het misluk, en moes die oudste reisagentskap ter wêreld, noodgedwonge sy deure sluit en 20,000 werknemers is huis toe sonder ’n vooruitsig op ’n nuwe werk.