Britte stem op 12 Desember

Boris Johnson

Die Britse parlement het goedgekeur dat die Eerste Minister, Boris Johnson, sy eerste algemene verkiesing kan aankondig in ’n poging om finaliteit te kry oor die Brexit krisis.

Die premier het aangedui dat hy die verkiesing sal aankondig om op 12 Desember gehou te word, en kenners beskou dit as ’n strategiese skuif wat die Konserwatiewes kan bevoordeel.

Die leier van die linkse Arbeidersparty, Jeremy Corbyn, word as die party se swakste leier van alle tye beskou, en selfs ’n groot deel van sy ondersteunersbasis stem daaroor saam.

Met die Europese Unie wat weer uitstel verleen het vir uittrede van die Verenigde Koninkryk tot einde Januarie, bestaan daar twyfel of die verkiesing enige verandering aan die uittree pakket sal maak.

Politieke ontleders sê die premier vestig sy hoop op ’n klinkende meerderheid sodat hy Brexit finaal kan afhandel met die steun van die parlement.