Britte hou vervroegde verkiesing

Eerste Minister Boris Johnson het ’n voorstel ingedien by die Britse parlement om ’n blits verkiesing te hou op 12 Desember.

Die algemene verkiesing kom as gevolg van sy mislukte pogings om ’n parlementêre goedkeuring te kry vir die Brexit ooreenkoms met die Europese Unie.

Johnson het die kiesers van die Verenigde Koninkryk belowe dat uittrede op 31 Oktober sal plaasvind, maar sy “slagspreuk” van vroeër “om dit te doen of te sterf” het hom slegs van geloofwaardigheid beroof.

Johnson het ’n brief gerig tot die opposisieleier, Jeremy Corbyn waarin hy sê hy gee meer tyd om die EU ooreenkoms te bestudeer, maar vra dat hulle intussen sy datum van 12 Desember vir die algemene verkiesing moet aanvaar.

Die Arbeidersparty leier sê egter hy sal eers die Brexit ooreenkoms bestudeer voor hy goedkeuring gee van die verkiesing se datum.