Britse aktiviste spuit verf vir aandag

Die Britse klimaat aktiviste het in Londen ’n brandweer voertuig gebruik om nagemaakte “bloed” te spuit op die sypaadjie voor die Tesourie se spog gebou.

Die bedoeling is glo om die Konserwatiewe Party se minister, en die Eerste Minister, saam met hulle parlementslede daarvan bewus te maak dat klimaatsverandering ’n dreigende gevaar geword het.

Die rooi verf wat gespuit is, sal nie maklik verwyder kan word van die plaveisel nie en baniere waarop geëis word dat “finansiering van klimaatverandering” gestaak moet word, is oral in die straat opgesit.

Later is bekend gemaak dat die aktiviste sowat 1,800 liter verdunde verf gebruik het om die regering bewus te maak van hulle eise.

Die pragtige gebou van die Tesourie wat geleë is tussen Buckingham Paleis en die Britse Parlement het ook deurgeloop deur slagspreuke op die mure te verf.