Brian Shivambu moet koste betaal

Brian Shivambu, die minder beroemde broer van Floyd, van EFF faam, het ’n nuwe terugslag gekry toe die Hooggeregshof in Johannesburg beslis het dat hy die hofkoste met die likwidasie van die bankrot VBS Mutual Bank moet betaal uit sy beursie.

Alhoewel die finale koste nog bereken moet word, meen ingeligte bronne dat dit soveel as ’n miljoen rand kan beloop.

Die koste wat nog deur die meester bereken moet word, hou verband tot die aansoek om likwidasie van Brian se maatskappy, Sgameka Projects, wat glo miljoene se skulde ter elfder ure verlede maand moes betaal.

Die onreëlmatigheid met di VBS het menige instansies, waaronder talle munisipaliteite, in die verleentheid gebring terwyl waarskuwings gerig is dat plaaslike owerhede nie openbare fondse in die bank moet belê nie.