“Brexit vrye” TV kanaal

Na drie jaar van ’n gespartel met die Brexit krisis wat Brittanje tot ongekende verdeeldheid gebring het op politieke gebied, dat die land waarskynlik behoefte het aan ’n TV kanaal waar Brexit nie bestaan nie.

Die TV kanaal Sky News sê hy wil waarborg dat baie kykers al so gefrustreer is met die skeiding van die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk, dat daar ’n mark bestaan vir ’n “Brexit vrye” kanaal.

Sky News reken mense sal dit verwelkom as hulle ’n nuus kanaal kan kry waar alle nuus aangebied word, maar wat sonder enige verwysing na Brexit sal wees.

Sedert die referendum in die Verenigde Koninkryk van 2016 het Brexit eers as ’n skok gekom toe uittrede uit die EU die meerderheid stemme getrek het, en daarna elke dag op die TV nuus kanale gesin is, het die Britse kykers nou allergies gemaak vir enige verwysing na EU uittrede.

“Sky News Brexit-Free” het tot stand gekom en wil kykers wat sat geword het van die skeidings nuus, nou akkommodeer in ’n kanaal wat eerder die Britse kykers van ander nuus wil bedien, sê die hoof, John Ryler.