Brexit: Kompromie nodig van Britse kant

Amelie de Montchalin

Die Franse Minister van Europese Sake, Amelie de Montchalin, het op navraag gesê die moontlikheid van ’n Brexit ooreenkoms tussen die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie sal slegs bereik word deur kompromie aan te gaan.

Sy sê ’n geen ooreenkoms bedeling sal werklikheid word as geen kompromie aangegaan word nie, en die Britse Eerste Minister moet daarvan kennis neem.

Sy het op ’n vraag tydens ’n televisie onderhoud gesê die is moontlik dat die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, oppad is om uit die Europese Unie te tree sonder ’n ooreenkoms.

Intussen het prominente lede van die Europese Unie gesê die voorstelle van Johnson voldoen nie aan volledigheid nie, en alhoewel sy voorstelle enkele punte bevat wat verdere onderhandelings moontlik maak, daar nog talle aspekte is wat nie aangeraak is nie.