Brand vernietig honderde plakkers kaias

’n Brand wat gedurende die nagtelike ure ontstaan het in ’n plakkerskamp, het daartoe gelei dat meer as 900 mense nou sonder ’n blyplek is.

Sowat 200 kaias is binne oomblikke vernietig toe die brand in die Pomona plakkerskamp naby Kempton Park uitgebreek het.

Volgens die munisipale nooddiens se woordvoerder, ene Aaron Mafunda, is geen ongevalle aangemeld nie, maar die verwoestende brand het vir meer as 5 uur geduur terwyl die bewoners moes padgee vir die vlamme.

Die hawelose mense is versoek om die terrein te verlaat, maar feitlik almal het geweier om hulle afgebrande woonplekke te verlaat en het gesê hulle oorblywende goed sal wegraak as daar nie oog gehou word nie.

Dit is onbekend wie vir die brand verantwoordelik is, maar stemme het reeds opgegaan dat die owerheid nou vir hulle behuising moet gee.