Boeing breek nuwe rekord

Die Qantas Lugredery het ’n nuwe rekord opgestel met ’n Boeing 787 Dreamliner toe dit in ’n direkte vlug van New York na Sydney gevlieg het sonder om iewers brandstof in te neem.

Die Boeing het die 16,200 kilometer aangedurf met ’n klein aantal passasiers van 50 mense aan boord.

Dit is gedoen om seker te maak die tuig kan die enorme afstand ononderbroke aflê en daarmee ’n nuwe rekord opstel.

Die reuse afstand is afgelê in 19 uur en 16 minute, en daarmee het Boeing bewys dat sy model 787 Dreamliner tans die langste afstand ononderbroke kan aflê van enige ander passasiers vliegtuig.