Bill en Melinda Gates besoek SA

Die eienaars van die Gates Stigting van Amerika het ’n besoek gebring aan Suid-Afrika met die doel om verder hulp te bied aan die arm swartmense van die land.

Bill en Melinda Gates het vir jare reeds sedert 1999 hulle bemoei om nie net siektes te bestry soos HIV en tuberkulose nie, maar ook bystand verleen met die verskaffing van water en sanitasie aan sekere gebiede.

Gates sê hulle werk nou saam met die regering, akademici en die privaatsektor asook met die burgerlike gemeenskap, en bied ook moontlikhede op tegnologiese gebied.

Hulle fokus glo op die 10 Afrika lande wat hulle dink die beste baat sal vind by die hulp en vorm dus vennootskappe met instansies en individue onder 45 nasies.

’n Vroeere poging van blankes om hulp te kry van die Gates Stigting vir die verarmde Afrikaners het nie eers ’n reaksie ontlok nie.