Beurtkrag: Vrotsige beplanning van Eskom

Medupi

Beurtkrag is terug in Suid-Afrika weens die vrotsige beplanning wat die staatsbeheerde kragvoorsiener onderneem het deur instandhouding te doen by te veel plekke gelyktydig.

Met die uiters nalatige oprigting van die nuwe Medupi kragstasie is die steenkool vervoerband reeds sodanig beskadig dat dit beurtkrag tot gevolg het.

Beurtkrag is weer ingestel vir die hele week, en die rede wat aangevoer is dat noodsaaklike instandhoudingswerk gedoen moet word, is deur geloofwaardige werkers afgelag wat sê die kragsentrales is so verwaarloos weens die verkeerde metodes van sekere komponente dat dit dikwels herstelwerk vereis.

Eskom het gewaarsku dat daaglikse afsluiting van kragtoevoer regoor die land geld en voorlopig op Fase 2 ingestel is.