Beurtkrag ontwrig matrieks eksamen

Die beurtkrag wat onaangekondig ingestel is deur die bankrot kragvoorsiener, het gelei tot die ontwrigting in eksamen lokale waar matrieks in skemerlig moes stop met hulle eksamen.

Nagenoeg 35 skole is gelyktydig met Woensdag se beurtkrag ontwrig en ouers, onderwysers en leerlinge was woedend oor die onaangekondigde beurtkrag op die onmoontlikste tyd toe eksamens afgelê word.

Die Departement van Onderwys wag op terugvoering van provinsies oor die gebeure en die wyse waarop hulle die kragonderbreking hanteer het.

Opvoedkundiges is bekommerd dat die kragonderbreking nou deur die Onderwys Departement gebruik gaan word as verskoning vir swak prestasies.

Met Fase 2 wat vir Donderdag en Vrydag van toepassing sal wees, beteken dat skole te enige tyd van 9 uur die oggend tot die aand 11 uur ’n kragonderbreking kan verwag.