Beurtkrag benadeel ons koerant

Die swak beplanning van die Eskom bestuur om meer kragsentrales op ’n keer te onderwerp aan onderhoud, het tot gevolg dat die kragvoorsiener se kapasiteit nie volhoubaar is nie.

Ingeligte bronne sê Eskom maak geweldig baie staat op die diesel opwekkers wat teen geweldige hoë koste krag moet lewer, en omdat die eenhede weer uit voorraad is van brandstof, het dit die kapasiteit verder benadeel.

“Die Vryburger” se voortbestaan hang ten nouste saam met die ononderbroke lewering van elektrisiteit, iets wat klaarblyklik nie vir Eskom van belang is nie.

Die redaksie van Die Vryburger maak dus verskoning vir die vermindering van  nuusberigte wat aangebied word weens die beurtkrag wat ure se werk kelder.

Medewerkers doen moeite om hulle bydraes te lewer, maar sonder die nodige elektriese kragtoevoer, word dit ’n nog moeiliker taak.