Betogings en oproer by Lanseria Lughawe

Die inwoners van die Elias Motsoaledi plakkerskamp by Johannesburg het glo genoeg gehad en met protes aksies begin deur die enigste roete na Lanseria Internasionale Lughawe onbegaanbaar te maak.

Brandende bande, klippe en bakstene in die enigste roete het Maandag die pad na die lughawe versper, en voertuie wat dit wel gewaag het om die versperrings te trotseer, het deurgeloop onder die inwoners se klipgooi aksies.

Die plakkerskamp is glo vir meer as vier maande sonder elektrisiteit en dit het die inwoners laat besluit genoeg is genoeg.

’n Eskom woordvoerder het gesê geen kragtoevoer word voortaan toegelaat na plekke waar onwettige krag aftappings gedoen word nie, en dit is die red waarom die krag afgesny is.

Die inwoners se protes aksie het later tot botsings met die polisie gelei, en uit woede is een van die transformator kaste aan die brand gesteek wat die krag na die plakkerskamp gelewer het.