Bestel jou Porsche aanlyn

Die gewilde Porsche se vervaardigers het aangekondig dat dit in die vooruitsig gestel word om sy voertuie aanlyn te koop.

Tot hede was dit nog net moontlik om die gesogte reeks Duitse motors by ’n Porsche handelaar te koop, maar dit is aan die verander.

Die maatskappy se woordvoerder van die vervaardiger van die Duitse sportmotors het die besonderhede Dinsdag vrygestel.

Of die aanlyn aankope wêreldwyd toegepas gaan word, is nog nie uitgepluis nie, maar in Duitsland sal al 88 handelaars van Porsche motors op ’n stelsel geplaas word wat hulle nie sal benadeel wanneer ’n motor aanlyn verkoop is in sy omgewing nie.

Porsche se Verkoop Organisasie sê die stap is nodig om aan te pas by die behoeftes van die Duitse koperspubliek.

Die maatskappy reken dat sowat 10% van sy totale verkope in Duitsland sal uiteindelik aanlyn bestellings wees.