Beste lewensgehalte in Noorweë

Vroue reegte prionier Mieva Einstein (1875 -1948)

As dit gaan oor die lewensgehalte van die vroulike geslag, dan is die beste plek om te woon in die Skandinawiese Noorweë.

Volgens die verslag van die Vroue Vrede en Veiligheid Indeks is Noorwee die beste land ter wereld waar vroue kan leef, alhoewel Duitsland aangewys is as die land waar vroue die beste opleiding ontvang.

Geen land kon egter ’n “perfekte leefstyl” vir vroue bied nie, maar verskeie lande het getoon dat hulle onderweg is na die ideale situasie.

Sedert die eerste verslag oor vroue se welstand in 2017 gepubliseer is, en wat deur die Georgetown Universiteit geïnisieer is, het 59 lande van die wêreld daaraan deelgeneem.

Switserland het in die tweede plek gekom met Finland derde en Denemarke in die vierde plek.

Jemen het die laaste plek gevul, met Afghanistan, Sirie, Pakistan en Suid-Soedan in die laaste plekke.   

Oor baie dekades het vroue leiers pionierswerk gedoen om hulle regte te bevorder, waarvan Mileva Marić-Einstein (1875 – 1948) van die bekendste aktiviste is.