België kry eerste vroue premier

Premier Sophie Wilmes

België het vir die eerste keer ’n vrou as premier aangewys, maar sy is slegs vir ’n tussentydse periode in die amp aangesien die land se Federale Regering ontbind het en die afgelope jaar sonder ’n amptelike regeringshoof is.

Die Belgiese Koning  Philippe het Sophie Wilmes aangewys as Eerste Minister wat haar die land se eerste vroulike regeringshoof maak.

Sy vervang die vorige Eerste Minister, Charles Michel, wat glo as president van die Europese Raad in Desember ingehuldig sal word.

Die 44-jarige Premier Sophie Wilmes neem die amp op sonder ’n parlementêre meerderheid, en kan eers behoorlik regeer indien sy daarin kan slaag om ’n koalisie ooreenkoms aan te gaan.