Beleggers gereed vir Eskom se val

Volgens ekonome is beleggers besig om voor te berei vir D-dag vir Eskom. Suid Afrika vaar tans op finansiële gebied net-net beter as Nigerië, Turkye en Lebanon.

Buitelandse beleggers het meer as R25 miljard van die land se aandele verkoop en die Rand is onder die vyf geldeenhede wat die swakste presteer teenoor die Dollar.

Selfs Ramaphosa het erken dat die situasie by Eskom onhoudbaar is . Intussen sê Gwede Mantashe dat SA nie ʼn energie krisis het nie, maar wel  ʼn energie probleem het!

Politieke ontleders wys daarop dat die probleme wat dur Eskom veroorsaak word, uiteindelik sal lei tot afgradering na rommelstatus, en dat werksgeleenthede daarna nog verder sal verminder.