Bedrog: Japanse minister bedank

Isshu Sugawara

Berig is uit Tokyo ontvang dat die Minister van Handel in Japan, Isshu Sugawara, sy bedanking ingedien het nadat beskuldigings van verkiesingsbedrog gemaak is.

Die bedanking kom net ’n maand nadat die minister in di amp aangestel is en hy pogings aangewend het om die geskil in handel met Suid-Korea  op te los.

Die Eerste Minister,  Shinzo Abe, het later gesê hy het die bedanking aanvaar en sy spyt uitgespreek oor die voorval.

Premier Abe het die afgelope naweek Hiroshi Kajiyama aangewys as die nuwe Minister van Handel, en het ook sy verskoning aangebied aan die kiesers van Japan vir die ongelukkige gebeurtenis.