Bedreigde tortelduif: Voël van 2020

Bekend as ’n simbool van die liefde, vrede en geluk, is die tortelduif van Europa aangewys as die “Voël van die jaar 2020”.

Die tortelduif, wat ook bekend is as die “lover bird” in Europese lande, is egter op die lys van bedreigde spesies.

Die tortelduif is deur ’n Duitse groep wat omgewingsbewuste aktiviste is, voorgestel as die Voël van die jaar.

Die duif se bevolking in Duitsland het in die afgelope jare drasties gedaal en is tans 90% minder in getalle as in 1980

Wetenskaplikes reken die dramatiese daling in getalle word toegeskryf aan die mens se beslaglegging op tortelduiwe se habitat, en die onwettige jag van die voëls wat nou al minder te siene is in die natuur.

Navorsing het getoon dat die Europese tortelduif ook in ander dele van Europa aan die uitsterf is, maar tot hede is geen program bekend gemaak wat moontlik kan lei tot die voorkoming dat die duif uitsterf nie.