Bankrot SABC kry weer hulp

Die sukkelende nasionale uitsaaier het weer uit di staatskas  geld gekry om sy wanbestuur voort te sit.

Sowat R2.1 miljard is aan die bankrot entiteit oorbetaal, maar hoe lank die uitsaaier staande gaan bly, word wyd bespiegel.

Die ANC regime pomp miljarde rand in die oneffektiewe entiteit, en is glo nou gewaarsku dat geen verdere hulp verleen sal word nie.

Die SABC moet eers ontslae raak van sy swakste afdelings, maar kenners sê  die verkoop daarvan sal slegs ’n druppel in die emmer wees.

SABC kort nog meer as ’n miljard rand om uit die moeilikheid te kom, maar of die swak bestuur en twyfelagtige Raad instaat is tot beter resultate, word betwyfel deur kenners en ekonomiese adviseurs.