Australië verwerp internasionalisme

Eerste Minister Morrison

Australië moet internasionalisme s burokrasie verwerp, se die land se Eerste Minister, Scott Morrison, wat daarmee sy ondersteuning gegee het aan die standpunt van die Amerikaanse president.

President Donald Trump het tydens ’n toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering sterk klem gelê op die noodsaaklikheid dat alle nasies ’n strewe van nasionalisme sal volg ter bestryding van die sosialistiese internasionalisme.

Premier Morrison het gesê die wereld moet waak teen die euwel van negatiewe globalisme en bygevoeg dat daar onder sy leierskap sal daar te alle tye omgesien word na die Australiese nasionale belange.

Die toespraak van premier Morrison wat hy gelewer het tydens ’n dinkskrum byeenkoms, is allerweë verwelkom en gesien as ’n aansluiting by dit wat trump gesê het.