Argentinië se deurmekaar politiek

Die oorwinning van die vêr linkse party in Argentinië beteken nie net ’n nuwe president nie, maar ook die gevreesde Cristina Fernandez wat terugkeer na die politiek.

Cristina Fernandez, die voormalige president van die land, se terugkeer na die politiek, hierdie keer as visepresident, het jubeling onder die armer deel van die bevolking gebring, maar vrees het ontstaan onder die welvarende sakelui van die Argentinië, en die boere van die land het baie vrae wat beantwoord moet word.

Groot beleggers en die sakelui wat ekonomies welgesteld is weet dat die nuwe president, Alberto Fernandez nie die septer sal swaai nie, maar wel die “gevaarlike” Cristina Fernandez de Kirchner, wat weinig simpatie het vir die landbouers en die sakelui.