Argentinië kry linkse president

Mauricio Macri

Die konserwatiewe president van Argentinië, Mauricio Macri,  het die presidentsverkiesing verloor teen die linkse kandidaat.

Peronist Alberto Fernandez het 48% van die stemme getrek teenoor Macri se 41%, en daarmee die nuwe president van die land geword.

Alhoewel Macri baie gedoen het om die landbouers ’n stewiger plek in die land se ekonomie te vestig, kon hy nie daarin slaag om die skuldlas te verminder nie, en sit Argentinië tans met buitelandse skulde van meer as $100 miljard.

Macri het sy opponent gelukgewens en hom na die presidensiële paleis genooi om ’n ordelike oorgang te reël.