Angelo Agrizzi weer by Zondo

Angelo Agrizzi, die voormalige uitvoerende beampte van Bosasa, is weer voor die Zondo Kommissie nadat hy talle mense se oortredings tydens sy getuienis lewering uitgespel het.

Die Zondo Kommissie, wat die land miljoene rand uit die staatskas kos, is reeds maande langer aan die gang as wat aanvanklik goedgekeur is, en sal volgens ingeligte bronne, nog lank voortgaan met sy ondersoek.

Angelo Agrizzi wat aanvanklik getuig het oor Staatskaping en bewerings van korrupsie, omkopery en tender bedrog, het nog steeds die valbyl bokant sy kop en gaan onderwerp word aan kruis ondervraging.

Regsverteenwoordigers van verskeie persone en instansies sal waarskynlik aan die proses deelneem om die voormalige hoof met kruis ondervraging in ’n hoek te dryf.

Kevin Wakefield is die eerste persoon wat die beskuldiging dat hy omkoopgeld van R100,000 per maand ontvang het, wil teenstaan.