ANC wil, maar wil vakbonde?

Tito Mboweni

Alles dui daarop dat die ANC bereid is om die Tito Mboweni plan tot uitvoer te bring en die nie-presterende entiteite te verkoop.

Vir die ANC is dit soos om ’n turksvy met dorings en al te sluk, want dit is ’n bewys van hulle onvermoë om sekere entiteite winsgewend te bestuur.

Die Ramaphosa regering sit met ’n enorme fiskale dilemma, en die verkoop van verskeie entiteite sal nie net vernederend wees nie, maar gaan ook talle senior werkers van die ANC sonder werk laat wanneer privaat instansies die entiteite oorneem.

Die vraag is egter of Cosatu en ander vakbonde gaan instem dat so ’n skuif gemaak word, wel wetende dat hulle eie lede moontlik hulle werk gaan verloor, want dit is bekend dat die staats entiteite juis nie winsgewend is nie omdat te veel mense in diens geneem is.

Instansies soos Denel, die SAL, Eskom, Transnet, en verskeie ander entiteite sal waarskynlik onder die “verkoop soeklig” kom wanneer onderhandel word met die vakbonde wat die gedagte sal teenstaan.