ANC president besoek Rusland

Die ANC se president Cyril Ramaphosa sal glo ’n afvaardiging van Afrika verteenwoordigers lei na die eerste Russiese-Afrika vergadering in die Russiese stad Sochi wat plaasvind vanaf 23 Oktober.

Die tweedaagse byeenkoms het ten doel om te fokus op drie belangrike terreine, naamlik ekonomiese bande, die ontwikkeling van gesamentlike projekte, en verbeterings van humanitêre en die sosiale sektor.

Verlede jaar het Ramaphosa ’n Russiese afvaardiging in Suid-Afrika ontvang onder die vaandel van die sogenaamde Brics, met die doel om beleggers te lok, maar waarvan daar dadels gekom het.

Politieke ontleders vermoed dat die byeenkoms in Rusland die eerste stap is om Afrika lande onder die Russiese vlerk ingesleep te kry.