ANC gee miljoene aan Jeugliga

Die vermorsing van geld deur die ANC het ‘n verdere “hoogtepunt” bereik met die aankondiging dat daar miljoene rande  aan die gelikwideerde Jeugliga gegee is om hul skuld af te skryf. 

Die bedrag betrokke is en sal seker onbekend bly maar daar word gepraat van “miljoene”.  Die ANC sal ook verder die Jeugliga finansier sodat hulle hul  kongres in Maart 2020  kan hou. 

Geen aanduiding is verstrek waar die geld vandaan sal kom nie aangesien die ANC self tegnies bankrot is -aldus Zweli Mkhize, die ANC tesourier-generaal.