Al meer stemme teen e-tol

Die mislukking van Sanral se e-tol in Sentraal Transvaal word nog meer afgedruk na ’n afgrond nadat vasgestel is dat die eise toeneem vir die finale sluiting van e-tol.

Snral se verhoging van tariewe was nie ’n verrassing vir motoriste nie, maar het slegs bygedra om motoriste meer vasbeslote te maak om nie die e-tol rekeninge te betaal nie.

Die ANC se transaksie om e-tol in te stel, word wyd veroordeel en die vermoede bestaan dat miljoen rand aan omkoopgeld betaal is om die stelsel op te rig.

Die Gauteng premier David Makhura se woordvoerder sê ’n nuwe benadering word eersdaags in werking gestel as ’n laaste moontlikheid om e-tol staande te hou.

Kenners het in reaksie daarop gesê die opmerking sal motoriste net meer gemotiveer maak om nie die rekeninge te betaal nie.

Sanral kon slegs daarin slaag om sowat R690 miljoen in te vorder vir die finansiële tydperk 2018 tot 2019 terwyl dit die jaar tevore bykans R2 miljard ingekry het.