Ai, die K-woord darem!

’n Vrou in die Wes-Kaap het ’n verkeersman die k-woord toegesnou en staar nou vervolging in die gesig. Dit is nie duidelik wat die vrou gefrustreer ht nie, maar meer besonderhede is nie gegee nie aangesien dit  sub-judice is.

Sy sal glo aangekla word van crimen injuria, en waarnemers sê die vrou sal waarskynlik ook van rassisme aangekla word.

Verskeie voorvalle is in die onlangse verlede bekend gemaak waar iemand die k-woord of die h-woord gebruik het.

In Augustus is Adam Catzavelos ook oor die k-woord aangekla en is hy na ’n ooreenkoms met die Menseregte Kommissie R150,000 aangeslaan.

Die afgelope week is die Springbok rugbyspeler, Eben Etzebeth, ook in ’n geding oor die h-woord en na bewering die rig van ’n vuurwapen waarvoor hy aangekla word vir poging tot moord.

Vroeër is Vicki Momberg ook skuldig bevind oor die gebruik van die k-woord, en regsgeleerdes maan blankes om ’n wag voor die mond te hou wanneer konflik met ander mense ontstaan.