Afplatting in Wêreld ekonomie

Die wêreld ekonomie is aan die afplat met die gevolg dat armer lande, en lande waar groot buitelandse lenings ’n skuldlas is, word die afplatting in sulke lande meer ervaar.

Die verswakking in ekonomiese aktiwiteite word aan verskeie internasionale gebeure toegeskryf, en die onsekerheid oor Brexit en die uitkoms daarvan kan baie lande van die wêreld nadelig raak.

Die grootste rede wat ekonome aanvoer is die ekonomiese handelsoorlog tussen Amerika en Sjina, wat nog geen duidelike ooreenkoms kon bereik na weke se onderhandelings nie.

Die verlangsaming van ekonomiese aktiwiteite word ook gesien as ’n bron van kommer vir Suid-Afrika terwyl president Ramaphosa pogings aanwend om beleggers in Londen te werf, maar tot hede net leë beloftes gekry het.

Die voorsitter van die Internasionale Monitêre Fonds, Gita Gopinath, sê solank as wat daar onsekerhede hang, sal die afplatting voortduur, en die handelsoorlog is tans in onsekerheid oor ’n moontlike ooreenkoms, terwyl dieselfde ook van toepassing is op die onsekerheid met Brexit.