Zuma kan Nkandla verloor

Die ANC se Jacob Zuma us in  ’n grot finansiële krisis met sy multi-miljoen Rand lening wat hy van die bankrot VBS Mutual Bank gekry het en nou moet terug betaal.

Tesame daarmee is daar die miljoen Rand hofkoste wat betaal moet word terwyl meer hofsake gevoer word in ’n poging om van die skuld vrygespreek te word.

Die bedrag van meer as R7 miljoen wat by VBS geleen is, kan enige dag opgeëis word, en dan kan Nkandla in gedrang kom.

Alhoewel die Nkandla kompleks maar op ’n omstrede wyse opgerig is met die grootste del van die koste uit die staatskas gefinansier, word dit betwyfel hoeveel die eiendom se werklike waarde is wat daar in die vreemde op ’n eensame plattelandse terrein opgerig is.

Intussen is berig ontvang dat Zuma ook nog ’n volle jaar lank agterstallig is met die betaling van sy lening.