Zuma bly op verloor pad

Jacob Zuma, die ANC se vorige president, wat lustig met korrupsie besig was tydens sy bewind, is in di hof skuldig bevind vir naamskending van sy eertydse minister, Derek Hanekom.

Zuma het glo op die sosiale netwerk gesê Hanekom is ’n ou spioen van die vyand, en dit het gelei tot ’n hofsaak waarin Hanekom R500,000 geeis het teen Zuma.

Die hof het beslis dat Zuma die gewraakte opmerking op die sosiale netwerk moet verwyder, en hy moet Hanekom behoorlik om verskoning  vra vir sy valse aantyging.

Die eis van Hanekom ten bedrae van R500,000 sal egter in ’n tweede saak vervat word, en regskenners meen dit kan wees dat ’n verminderde bedrag deur die hof toegeken sal word.