Zuma appelleer teen Hanekom eis

Die ANC se voormalige president,, Jacob Zuma, het besluit om te appelleer teen die hooggeregshof se bevinding dat hy skuldig is aan karakterskending.

Sy regsverteenwoordigers het Vrydag ’n aansoek vir appèl geliasseer in ’n poging om die Natalse Hooggeregshof se bevinding ter syde gestel te kry.

Regter Dhaya Pillay het beveel dat Zuma binne 24 uur sy verskoning moet aanbied vir Derek Hanekom en die inskrywing van vroeër op die sosiale netwerk moet verwyder, en is ook verantwoordelik vir die hofkoste.

Zuma se regsverteenwoordigers sê hy het nie Hanekom as ’n spioen uitgemaak nie, maar slegs as ’n agent van die vyand.