Zondo fokus nou op Oos-Transvaal

Die Zondo Kommissie wat die regering miljoene rand uit die staatskas laat opdok, moes nou sy fokus verskuif na die Oos-Transvaal om getuienis aan te hoor van korrupsie en Staatskaping in entiteite wat aan die staat behoort.

Dit lyk of korrupsie in vele munisipaliteite in die provinsie sowel as wanbestuur en wanadministrasie aan die orde is.

Minstens 12 munisipaliteite staan onder verdenking dat hulle skuldig is aan korrupsie en wanbestuur, en dit wil lyk asof die munisipaliteite van onder andere Piet Retief, Lydenburg, Carolina, Balfour, Volksrust, Ermelo, Standerton, Middelburg en Delmas en drie lokasie munisipaliteite in gedrang kom.

Volgens ’n verslag van die Ouditeur-Generaal is sowat R2 miljard se uitgawes onregmatig aangegaan onder die munisipaliteite, en meer as R236 miljoen was blote verkwisting van fondse.

Van al die onwettige uitgawes is een besondere geval uitgewys van meer as R5 miljoen wat betaal is vir die herstel van ’n pad wat hoegenaamd nie bestaan nie.