Zimbabwe se ellende verhoog

Zimbabwe’s President Emmerson Mnangagwa at the BRICS Summit in Johannesburg, South Africa, Friday, July 27, 2018. Zimbabwe goes to the polls Monday after Mnanngagwa became president After Robert Mugabe resigned in November last year. (Mike Hutchings/Pool Photo via AP)

President  Emmerson Mnangagwa

Die regering van Zimbabwe onder leiding van  President  Emmerson Mnangagwa

met hulle halfhartige pogings om die land te bevry uit sy armoede wat deur die oorlede Mugabe veroorsaak is, het die land se eertydse voorspoed in die vergetelheid laat wegsink toe Ian Smith die destydse Rhodesië tot groot hoogtes gelei het..

Mugabe het die blanke boere wat die land se voedsel produseerders was, die een na die ander verwilder en die goed ontwikkelde plase vir hom en sy kabinetslede ingepalm.

Die opvolg regering het blanke boere gesmeek om terug t keer, maar geen boer was te vinde daarvoor nie en het reeds elders ’n boerdery begin sonder vrees van vervolging.

Intussen het die een na die ander plaas wat aan blankes behoort het, ontaard in ’n plakkerskamp waar geen voedsel produksie is nie, behalwe ’n paar hektaar mielies wat van lae graad gehalte is.

’n Werkloosheid van 95% veroorsaak dat die staatskas dolleeg bly want die sakelui se lae verkope daarmee saam, hou die land se uitsiglose toekoms met sy skrikwekkende inflasiekoers op die pad na ’n finansiële afgrond.

Nou word die moontlikheid al sterker dat ’n regering van samewerking weer saamgestel word met die opposisieparty, maar kenners reken dit sal geen uitkoms lewer vir die dreigende hongersnood nie.