Xenofobie raak SA winkels

Die vreemdelinge haat in Johannesburg en Pretoria, wat tientalle winkels en sakeondernemings van buitelanders in die slag laat bly het, kring nou uit en tref SA se sakeondernemings..

Die gewelddadige onluste in Gauteng het sodanig geword dat baie winkels van buitelandse eienaars geplunder en afgebrand is, maar die teenreaksie is verrassend vir die onskuldiges in Nigerië.

Die kantore van MTN, en die winkels van Shoprite in Nigerië  loop deur as vergeldingsmaatreël oor wat in Suid-Afrika gebeur het.

Duisende Rand se skade is aangerig by verskeie persele van die twee entiteite, en waarskuwings is gestuur  dat die optrede in Suid-Afrika nog verder kan uitkring.

Politieke ontleders en ingeligte bronne sê die regering van Suid-Afrika se ondoeltreffende bestuurstyl kan daartoe lei dat die land se ekonomie nog verder terugsak na rommel status.