Wrywing bou op binne ANC

Tito Mboweni het die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee gewaarsku dat indien die Tesourie se ekonomiese plan nie geïmplementeer gaan word nie die regering se moontlikhede om die ekonomie te red al hoe skraler gaan word.

Hy het weereens beklemtoon dat staats entiteite ʼn “massiewe” risiko inhou vir ekonomiese stabiliteit en fiskale volhoubaarheid. 

Hy het sover gegaan om te sê dat daar ʼn gebrek bestaan om ministers verantwoordelik te hou vir swak prestasie.  Subsidiëring van staats entiteite moet volgens hom gestaak word.

Mboweni se aanbeveling dat verskeie entiteite verkoop moet word omdat dit n las op die staatskas is, word nie goed ontvang by vakbonde nie.

Die vakbonde weet dat die privaat sektor soos Denel nie verlee is oor swart werkers nie, en dat talle blankes gereed en bekwaam is om hulle plek in te neem as die geprivatiseer sou word.