Wêreld Nuusflitse

Zimbabwe

Diktator Mugabe is die afgelope week in die heldeakker begrawe nadat ’n groot rusie ontstaan het oor waar hy begrawe moet word, veral toe die mense van sy geboorteplek geweier het dat hy daar te ruste gelê mag word.

Olie krisis

Die VSA het aangebied om Saoedi tegnies by te staan om die beskadigde olie aanleg te herstel, en sal ook van sy reserwe oliebronne beskikbaar stel indien ’n olie tekort ondervind word.

Islam

Wes-Afrika lande het kragte saamgesnoer en een miljard dollar ingesamel om die groeiende Islam terrorisme te beveg wat die gebied teister.

Duitsland

Die regerende koalisie in Duitsland het  40 miljard euro bewillig vir die bestryding van klimaatsverandering, en die verwagting is dat ander Europese lande die voorbeeld sal volg. 

Hong Kong

Pro-demokrasie aktiviste het in hulle duisende saamgekom en “God save the Queen” gesing in ’n poging om Britse hulp te kry vir hulle verset om die stad se demokratiese bestel weer herstel te kry.