Weermag help nie Wes-Kaap

Polisie wat met rook granate probeer om protesteerders en bende groepe te verwilder, help niks en maak die protesteerders net woedend, sê ’n inwoner van die Bishop Lavis gebied in die Wes-Kaap.

Toe word rubber koeëls gebruik, en die bendes lag die polisie uit en vuur terug met lewendige ammunisie.

Dan kom die weermag soldate en die hoop vlam op dat bende geweld gestop gaan word, net om te ontdek dat die geweld aan die toeneem is.

’n Inwoner van die gebied het self ondersoek gedoen oor die situasie, en gevind dat die weermag se teenwoordigheid nie van waarde is nie, en dat die bendes versigtiger is vir die polisie as vir die weermaglede “wat onseker is oor wat hulle mag en nie mag doen nie”.

Daarom het sowat 200 vroue die straat ingevaar om te protesteer teen die regering se onvermoë om die bendes vas te vat.

Volgens die statistieke is Bishop Lavis ’n misdaad Mekka waar 144 moorde hierdie jaar gepleeg is, wat ’n styging van meer as 46% is.